| Temba Tuis | Navrae    


CRESTA RILEY'S HOTEL

Perhaps the best Hotel in Maun Botswana.

BOOK NOW AND ONLY PAY 5% ON YOUR BOOKING

Tel: +27 (0) 21 855 0395
BOOK NOW >>
BOOK YOUR CONFERENCE WITH US>>


Cresta Riley's Hotel - Algemeen

Riley’s Hotel (of Cresta Riley’s Hotel) in Maun, is een van die legendariese toeriste-bestemmings in Botswana. Hierdie hotel in Maun is ‘n uitstekende oornagpunt vir toeriste wat oppad is na die Okavango Delta, Savuti, Chobe Nasionale Park of or Moremi. Riley’s Hotel in Maun is egter ook ‘n gunsteling onder die besigheidsmense in Botswana.

Die Ligging

Main Rd, Maun, Botswana

Riley’s Hotel is op die oewer van die Thamakalane-rivier in Maun geleë, wat veroorsaak dat hierdie drie-ster hotel ‘n ideale konferensielokaal in Botswana is. Die konferensielokaal kan 80 persone huisves en is toegerus met oorhoofse projektor, televisie-monitor, blaaibord, witbord, skerm en sekretariële dienste.

 

Akkommodasie

Riley’s Hotel in Maun, Botswana, bied drie-ster verblyf in 51 kamers aan: 3 suites, 22 kamers met enkelbeddens en 26 dubbelkamers. Al die kamers is en suite, en is toegerus met lugversorging, 4-kanaal televisie, tee/koffie-stasies en telefoon. Alhoewel kamerdiens beskikbaar is, gaan eet eerder by Riley’s Grill (heerlike kontinentale en volledige Engelse ontbyte en a la carte spyskaart vir middag- en aandete. Moenie hul Sondagmiddag-braai misloop nie. Vir diegene wat nie baie honger is nie, bied verskeie swembad- en dameskroeë ligte versnaperinge asook tee en koffie.

 

 

Aktiwiteite

Riley’s Hotel kan jou help om reëlings te tref vir uitstappies in en om Maun, insluitend wildbesigtiging, makoro- en bootritte, voëlkykery, uitstappies na die Krokodilplaas, asook uitstappies na die Okavango Delta, Moremi, Chobe Nasionale Park en Savuti.

Hierdie hotel in Maun het ook ‘n swembad, haarsalon, veilige parkering, vervoer van en na die lughawe, asook hulp met die tref van reisreëlings.